Hierdie storie het ek op 5 April 2011 geskryf. Toe ons nog in Zambie gebly het. Dit is 'n vervolgverhaal, so hou maar die nuus dop vir die volgende hoofstuk.
***
Ons het nie
nou ’n hond nie. Ons aangenome honde is
albei dood. Een aan slangbyt en een aan
ouderdom. Toe kry ons maar ’n kat. Maar
dit was nie so vanselfsprekend nie.
Heinrich hou
niks van katte nie, maar eendag kom hy baie kwaad in die huis in: “Jy kan maar ’n kat kry!” sê
hy. Ek is natuurlik baie verbaas, maar
wil tog lag vir sy gesigsuitdrukking.
“Hoekom?” vra ek. “Die muise het
my bakkie se drade opgevreet!” Toe lag
ek, nie oor die drade nie, maar oor die kat.
En toe kry ons ook ’n kat.
Maar nou is
ons amper soos die Samaritaanse vrou in Johannes. Ons het al 5 katte gehad en die een wat ons
nou het, is nie ons sin nie. Om een of ander rede oorleef die katte nie hier nie. Of hulle raak wild as ons op vakansie
gaan. Die kat wat by ons bly en nie ons
sin is nie, het al ’n paar keer hier kleintjies gekry, maar ons kry net nie een
wat wil bly nie. Na ons laaste vakansie
was die ma-kat ook weg. Ons wil liewer
nie dink wat van haar geword het nie.
Een van haar
dogters het toe by ons kom bly, maar sy is ook nie ons kat nie. Sy het vrywillig hierheen getrek, want haar
mense het ’n hond en sy hou nie van die hond nie. ’n Ruk later het Ma-kat se boetie ook
hierheen getrek. Hy kom en gaan egter soos hy wil, maar is gewoonlik met
etenstyd tuis… Twee katte was vir ons
genoeg om die muisplaag in toom te hou, maar Sussie-kat het al vetter geword en
ons het besef sy gaan binnekort vermenigvuldig. Toe bou ons maar vir haar
“nessie” in die garage. Een aand sit sy
vreeslik benoud en miaau voor die deur en krap ook aan die deur. Ek maak toe maar die deur oop en sy kom met
’n spoed ingehardloop, reguit onder die bad in.
Ons besef toe dis tyd vir haar babas om te kom en sy wil hulle onder die
bad hê. Daar is egter geen manier hoe
ons hulle daar uit sal kry nie, so ons lok haar toe maar uit en gaan sit haar
in die garage. So uur later het sy een
baba en die volgende oggend 3. Ons is
baie bly sy het hulle nie onder die bad gekry nie! Twee dae later roep een van Cobus se maatjies
ewe skielik: “The cat has a mouse, take it out of the house”. Nee, sê Cobus, dit is ’n babakat. Ek spring natuurlik dadelik op van waar ek
sit en werk agter die rekenaar en is net betyds om te sien hoe sy die baba
onder die bad in dra… Ek hardloop garage toe, net om vas te stel dat die al die
derde kleintjie is wat sy indra.
So: Toe is die babas onder die
bad en ons kan
glad nie sien wat met hulle gebeur nie.
Vir 4 weke wonder ons toe maar hoe gaan dit met hulle en toe, ewe
skielik, dra sy hulle weer daar uit! In
Cobus se kas in! Ek bou toe maar weer ’n
nessie – die keer in die skool, want Oupa kuier hier en slaap in Cobus se kamer
– en hierdie keer is sy dood tevrede om daar te bly. Sjoe, wat ’n verligting!
Die Babas. In hul skool-nessie |
Boetiekat |
No comments:
Post a Comment