Sondag gaan
Cobus saam met Heinrich en Oupa kerk toe en hy kom terug met ’n geskenk. Nie ’n hoender nie, maar ’n duif! Wat moet ons nou met ’n duif doen??? Ons maak hom toe maar tydelik in die
wasgoedmandjie toe en gaan eet by die bure.
Toe ek vinnig terugkom om Anel se doek te ruil, is ek net betyds om te
sien hoe die kat die duif aan die poot met wasgoedmandjie en al rondsleep! Ek sluit toe maar elkeen in sy eie kamer toe
en gaan terug. Later die aand kom ons
terug en verwag om ’n dooie duif te kry, maar hy lewe nog. En die volgende oggend lewe hy nog!
Bilison sê die duif mag op die plaas in die
hoenderhok kom bly, maar teen die middag is hy terug met sy halwe afpoot – die
katte kom daar ook in… Toe is die duif
in die badkamer. En die kat in die
skoolkamer. So ons het amper ’n spietkop
nodig om die verkeer te reguleer – watter deur moet wanneer oop. En die kat dwaal met elke moontlike
geleentheid voor die badkamerdeur rond, want dalk gaan die deur oop…
Gelukkig het
Pa en Oupa ’n plan gekry en die hokkie opgehang, nou kan die kat nie bykom nie. Ongelukkig moet ons die hokkie oor drie weke
teruggee vir die plaas, so ons hoop maar die duif kan dan al vlieg, want Cobus
het ingestem om hom vry te laat.
Dit is darem
so lekker om troeteldiere te hê!
in die hokkie |
Hoe gaan ek daar bykom? |
No comments:
Post a Comment