(8 April 2011)
Ons kat (die
nuwe makat) het die manier om haarself in die vreemdste posisies te
bevind. ’n Week of so terug het sy op
die bed geklim en van die bed af agter die kas ingeval. Die bed en die kas staan teen mekaar en toe
ons haar kry, staan sy op haar agterpote agter die kas met haar voorpote bokant
haar kop en sy kry haarself nie daaruit nie!
Gisternag het sy by die venster probeer uitklim, maar die vensters het
gaas voor, so sy kan
nie. Sy klim toe deur die “lever” venster en toe sy op hom trap gaan hy
toe. Toe sit sy tussen die gaas en die
glas… Ons word wakker van haar benoude
miaau en toe moes ek een van die glaspanele uithaal op haar te bevry. Ai.
Anel (11
maande) het die babakatjies ontdek en sy dink hulle is baie oulik. Hulle is nogal kwaai en as hulle vir haar
spoeg (om haar bang te maak) lag sy haar pap!
Hulle maak ook sulke oulike mieeu geluide as sy hulle lank genoeg
skud… So ons probeer maar dat sy nie
sonder toesig met hulle speel nie.
Die
duif-probleem het homself opgelos. Die
duif het toe uiteindelik gesterf aan sy wonde.
Heinrich moes net hard probeer om nie daaroor te smile voor die kinders
nie. So vandag het ons begrafnis.
No comments:
Post a Comment