(18 April 2011)
Nou die aand
toe ons gaan slaap is die klein katjies weg.
Ons het oral gesoek in die huis.
Ons sit Makat toe maar buite en gaan slaap. Later word ons wakker van n geskarrel en
snaakse brom geluidjies. Die babas is
toe agter ons kas. Toe ons hulle gesoek
het, het hulle seker in die holte onder die kas ingekruip. Ek kon een in die hande kry, maar die ander
twee was te ver. Toe slaap ons maar
weer, maar n rukkie later maak hulle ons weer wakker. Heinrich het natuurlik baie min geduld met
die goedjies en gaan haal die besem.
Daarmee “hark” hy hulle nader en ek moet in die gaatjie inkruip om hulle
te vang. Toe kan ons weer slaap.
Vandag het ons
sandput sand gekry. Die student wat dit
moes haal, kon glad nie die oefening verstaan nie. Uiteindelik het hy gesê: “Madam, I understand
now. In SA you are used to the beach and
now you want to bring the beach here.”
Ek moes toe maar sy bubble bars en vertel dat ons ver van die see gebly
het. Maar hy kon darem sien hoe bly die
kinders oor die sand is. Ongelukkig is
Kieties ook bly daaroor en hulle het hulself dadelik gaan tuismaak op hierdie
reuse toilet… Ek moes toe maar uitskep,
sout gooi en van nou af seker maak die seil is oor as ons nie naby is nie.
(24 Mei 2011)
So 2 weke
terug het die babakatjies getrek. 2 van
hulle het na ons bure getrek en dit het Makat nie so lank gevat om dit uit te
vind nie. Nou het hulle al hul dae om
ons kat uit hulle huis te hou en om hulle katjies daar te hou. Sy kan
nou maar eenmaal nie verstaan hoekom sy 200m van haar kinders af alleen in ’n
ander huis moet bly nie! Ons enigste
hoop is dat sy een van die dae weer dragtig sal wees en dan van hulle vergeet!
En so kom ons
aan die einde van hierdie katte-verhaal.
Dit was nie regtig die laaste hoofstuk van ons troeteldiere nie, maar
dit is al vir eers.