As jy ’n 9 jarige seuntjie is, is huiswerk ’n vloekwoord!!! As
jy ’n 8 jarige dogtertjie is, is dit iets lastigs wat jy vinnig moet afhandel
voor jy kan aangaan met jou lewe... En as jy ’n ma van hierdie 2 is, kan
huiswerk ’n nagmerrie word!
Nee wat, so erg
is dit ook nie! Huiswerk is eintlik
nogal snaaks:
So lees ons Gr2’tjie een middag die storie van aposteltjie en die sewe dwergies. Die Gr 4’tjie leer van vlooistowwe. “Vastestowwe
kan nie vlooi nie” Nee, hy het nie ’n dom juffrou nie, hy skryf
net baie lelik... En ons 3jarige doen
ook huiswerk: Sy teken ’n prentjie van
’n mannetjie met luise in sy hare...
Nou, ja, nou weet julle almal wat in ons hare aangaan...
(dis darem nou weer skoon :)).
Op ’n ander middag is ek besig om botter van ’n piesang
af te was (hy het nog sy skil aangehad), toe ek die volgende gesprek
hoor:
Gr 3: Pluto is ’n dwergplaneet.
Gr 1: Die aarde is ’n regte planeet, want hier bly
mense. Selfs China is op hierdie planeet!
Gelukkig is my kinders besig om in boekwurms te
ontaard. Dit is net glad nie lekker as
ek dit moet sê nie: “Hou nou op lees en gaan doen julle huiswerk!” Die waarheid is: Ek hou ook nie van huiswerk nie! (moet asb nie dat my kinders dit hoor nie!)
Ek lees nou die dag hierdie aanhaling: “One day bookworms
will rule the world! As soon as they
finish the next chapter....”
No comments:
Post a Comment