Ons het altyd in die land van die
Zambezi gebly en toe ons trek, kom bly ons weer by Zambezi. Nou het ons grootpad ’n nuwe naam, maar soos
die radio-omroeper sê: “Verkeer staan
stil in Sefako Makgato – dit is Zambezi”
Elke Donderdag spring ek in die
Zambezi en swem saam met die stroom, maar dit kan moeilik wees! Die krokkodille in hierdie rivier is nie so
byterig nie, maar hulle laat jou bloeddruk styg, maak jou senuwee-agtig en mors
jou tyd! En soms breek een van die groot krokkodille (putco busse), dan is dit
Makgato drive – jy maak al die gate toe en dan kan daar nie nog karre inpas
nie.
In sulke tye word die
verkeersligte hier gebruik soos die in Lusaka – die kleur van die lig is slegs
’n aanbeveling en nie ’n opdrag nie. Wat
moet jy nou in elk geval doen as jy jouself in die middel van ’n kruising
bevind en die lig word rooi? Jy kom so
vinnig as moontlik (en dis nie baie vinnig nie) uit die pad uit natuurlik!
So was dit vanoggend weer
(sug). Maar daar was ook ’n paar
glimlaggies langs die pad.
Een van die mense by die
werkloosheidsburo (straathoek), het ’n goeie advertensie vir homself uitgedink: Hy staan met ’n troffel in sy hand en bou ’n
denkbeeldige muur. Niemand hoef te
wonder waste werk hy soek nie. Ek kon
ongelukkig nie sien of sy muur reguit is nie...
Toe ek uiteindelik aan wal kom by
die Maloto pad sien ek ’n TATA-bakkie waarop “Rymar” staan. Toe ry ek
mar by hom verby en sê: “tata”
No comments:
Post a Comment