Ek stap nou alleen. En ek moet baie hard konsentreer om nie met myself te praat nie, want ek is nou al so gewoond aan loop-en-praat dat ek byna nie anders kan nie. Maar eintlik stap ek nie heeltemaal alleen nie, want Anel moet nog saam. En dis nou waar die probleem begin het. So 8 jaar terug het ons ’n stootwaentjie gekoop vir R100. Hy werk nog goed, maar sy handvatsels is te kort vir my. Dit was nog altyd ’n probleem, maar ek het nooit so baie met die waentjie geloop nie, so ek het nog altyd met dit saamgeleef. Nou het dit net te erg geraak. Gelukkig is ek met ’n S&M Ingenieur getroud en kon hy die handvatsels vir my langer maak.
S&M staan vir soek-en-maak, of sukkel-en-maak. Dit is natuurlik ook ’n voordeel dat ’n mens trou met ’n man wat soos jou pa is. Daarom is ek gewoond daaraan om in ’n huis te bly waar die kaassnyer ’n verfkwas-handvatsel het en waar jou eerste skedonkie se truspieëltjie met swartselotape (isolasieband) vasgeplak is sodat dit nie afwip nie. My pa was amptelik ’n elektrisiën – dit beteken baie dinge in ons huis is met swartselotape reggemaak is. Dit is vir my ’n absolute wonder dat hy nooit “ducktape” ontdek het nie.
En my waentjie werk wonderlik J
No comments:
Post a Comment