Op Asblikdag word die al die vullis wat nog in die huis is na die groot vullisdrom verskuif en dit moet dat buite op die sypaadjie gaan staan en wag. Dit moet vroeg gebeur, want niemand weet wanneer kom die lorrie nie. Maar dit is meestal eers in die aand... Dit is tog redelik eenvoudig?
Voorheen het ons nie asblikdag gehad nie. Ons moes self ons vullis verbrand, begrawe, hergebruik of weggee. Deesdae beland alles in die asblik en dit word iemand anders se vuil werk. Ons wil graag sekere items herwin (recycle) en daarom word papier, plastiek, ens. eenkant gebêre. Ons asblik is meestal vol doeke en ander jiggie goed. Daarby is Pretoria-Noord warm en op hierdie stadium nat ook. So, as jy dit nog nie self uitgewerk het nie: Ons asblik is vol WURMS ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~ ~
Ek dink dis nogal snaak om te sien hoe ek probeer om iets in die asblik te kry sonder om aan die asblik te raak J. Wanneer ek daarmee suksesvol was, moet alles ingedruk word sodat die deksel mooi kan toegaan. Ook sonder om aan die asblik te raak J J. En dan moet ek die swaar vrag uitsleep straat toe terwyl ek met die een hand die hek oopmaak JJJ. Dis die werklik rede hoekom dit vroeg in die oggend moet gebeur, voor iemand my sien.