Daar is sekere dinge wat net ’n ma kan doen. Dit is alombekend en holruggery. Die punt is: Mammas is nie normale mense
nie. Hulle kan dinge doen wat gewone
mense nie kan doen nie. Al is dit dan
net in jou kind se oë.
So lig Cobus my nou die dag in: “Ek hou baie meer van Mamma as van Pappa.”
Ek: “Ek dink nie so nie.
Jy hou baie van Pappa.”
Cobus: “Ja, maar ek het jou baie gemis toe jy nie hier
was nie. As ek vir Pappa vra waar is
iets of iets van sweeties, dan weet hy nie. Dan sê hy ek moet vir Mamma vra en dan moet
ek eers wag tot jy huis toe kom!”
Anel weer het die volgede te sê: “My ogie is seer. Ek het die papier in hom gestamp.”
Ek: “Moet ek druppeltjies ingooi?”
Anel: “Nee! Mondsalf!”
Ek: “Ek sal ogiesalf insit”
Sy: “Nee! Mondsalf!”
Ek: “Mondsalf gaan jou ogie seermaak.”
Sy: “Die salf in jou mond!”
Ek: “Hier?” (en ek wys na my mond)
Sy: “Ja J”
(sy druk haar vinger in my mond en smeer spoeg aan haar ogie.....)
Ek: (baie verbaas) “werk dit?”
Anel: “Ja J”
Gelukkig is Nelrie ook in ons huis. Net om my nederig te hou. Sy kry seer en Pappa is nie tuis nie. Sy hou aan met huil dat Pappa moet kom om haar
te troos. Ek: “Maar ek troos jou mos!” Nelrie: “Ja, maar Pappa troos beter as Mamma!”